Contact Number: +27 51 933 2220
Email: info@moolmanshoek.co.za
Contact Number: +27 51 933 2220
Email: info@moolmanshoek.co.za
Dit is ons voorreg om gasheer te wees van vier huweliks-naweke per jaar sowel as ons "Romance" naweek.
In Mei, Junie, Julie en Augustus word daar 'n huweliks-naweek aangebied.
15-17 Julie 2011 – Saam met Quintus en Isolde Swanepoel van Family Life
Terwyl ek (Niklaas) vir Campus Crusade gewerk het, het ek die Swanepoels ontmoet. Hulle is nog altyd vir my groot mense met ‘n hart vir jong mense met ‘n fokus op getroudes. Ons sit ‘n stukkie by wat ons van hulle ontvang het:
FamilyLife het in 1976 sy ontstaan gehad as bediening vir die personeel van Campus Crusade for Christ wat op trou gestaan het. Die gevolge in die lewe van paartjies wat dit bygewoon het, was so positief dat mense buite Campus Crusade for Christ begin vra het om die seminare by te woon. Dus het die FamilyLife konferensies as bediening in 1978 begin.
Quintus en Isolde Swanepoel het in 1980 voltyds by Campus Crusade for Christ begin werk. Voor 1980 het Quintus as prokureur gepraktiseer en Isolde was as terapeut en lektrise by die Departement Spraakheelkunde en Oudiologie aan die Universiteit van Pretoria werksaam. Na ‘n tydperk onder andere as Nasionale Direkteur van Campus Crusade for Christ in Suid-Afrika, het hulle in 1995 die geleentheid gekry om hulle uitsluitlik toe te lê op die huwelik en gesinsbediening van Campus Crusade for Christ, naamlik FamilyLife. Vanaf die middel 1995 tot middel 1996 het hulle die voorreg gehad om by FamilyLife in die VSA te werk en op 1 Oktober 1996 is die Nasionale kantoor van FamilyLife amptelik in Suid-Afrika begin.
Koste = R2900(akkomodasie) + R550 (kurses fooi) = R3450/paar
Beide van ons ken al vir Cassie ‘n geruime tyd. Cassie het die boodskap gegee tydens ons troue, vir die van julle wat hier was. Cassie en Jenny is beide mense wat wêreldwyd mense se lewens beïnvloed. Ek en Bella het in 2005 gewerk by die Internasionale Sport leierskaps skool in Stellenbosch wat onder Cassie se leierskap staan. Beide van hulle is baie aktief betrokke in hul gemeenskap waar hulle jong leiers toe rus en bemagtig. Elke keer wat mens tyd saam met hulle spandeer hang mens se mond oop oor die manier wat ons Here hulle gebruik om mense se lewens te verander.
Koste = R2900(akkomodasie) + R650 (kurses fooi) = R3550/paar
Onthou asb ons Bederf naweek, of “Romance naweek”. Die naweek vind hierdie jaar plaas vanaf 14-16 Oktober. Om die naweek so ietwat uit te rek sal die Donderdagnag, dis nou die 13’e Oktober, teen ‘n spesiale afslag prys vir enige belangstellendes aangebied word. Dit is nie deel van die pakket nie, maar ‘n opsionele ekstra. Die koste van die naweek is R4880 per paar. Dit sluit alles in behalwe drankies. Die Donderdagaang bied ons graag aan teen R1100 per paar. Laat weet asb so spoedig moontlik of julle daarin belang stel, daar is plek vir slegs 7 pare.
Saterdagaand se spesiale Romantiese ete op Moolmanshoek se Stoep.

Besprekings word gedoen by Isabel per telefoon (051 933 2220) of per eposkampe@moolmanshoek.co.za.
"HALTIME is a pause in midlife to reflect on what we've accomplished, who we have become, and what will matter in the end. It is also a point to redirect our time and resources for the second half"
Bob Buford
Many people measure their success by wealth, recognition, power and status. There's nothing wrong with those, but if that's all you're focused on, you're missing the boat... Using your time and talent to serve others - that's when truly meaningful success can come your way"
Ken Blanchard
Moolmanshoek bied twee keer per jaar 'n "Halftime" seminaar aan. Gewoonlik vind die naweke plaas in April en Augustus. Hou asb die webtuiste dop vir 2011 se datums.
Kontak gerus vir Willie Nel by willie@moolmanshoek.co.za of tel 051 933 2220 vir navrae of Half Time SA se kantoor by:
Halftime South Africa, 17 Market Street, Porterville, 6810
E-pos: tommy@halftimesa.co.za Cell: 083 461 0999 Web: www.halftimesa.co.za

Net vir die manne
'n Spesiale ervaring net vir die manne. Die kamp het sy ontstaan te danke aan die boek "Wild at Heart" van John Eldredge en die begeerte om manne te seën met die prag van die Moolmanshoek skepping. Daarom spandeer ons met die kamp meeste van ons tyd in die veld en word daar op van die mooiste plekke op die plaas oornag. Gedurende die naweek gesels ons onder andere oor die drie tema's uit "Wild at Heart" naamlik:
Drie begeertes wat soos John Eldredge skryf diep in elke man se hart gegraveer is. Verder praat ons ook saam oor die Evas wat die Vader in ons lewens geplaas het. Om die meeste te put uit die tyd is die dae vol en bly ons besig met allerlei aktiwiteite soos perdry, abseil, jumar en stap. Die groot seën van die kamp lê in die saam gesels met mekaar oor die onderskeie onderwerpe, veral met kuiers rondom die vuur. Verder word daar ook spesiale een-op-een tyd saam met ons Vader geskeduleer. Dit is ons begeerte en gebed om elke man wat kom met 'n beter verstaan huis toe te stuur oor die unieke manier wat ons Vader hom toegerus het om sy vrou lief te hê, sy kinders tot voorbeeld te wees en sy gemeenskap en werksplek positief te beïnvloed.
Die volgende kamp in Oktober bied ons saam met Frans Ludeke aan. Daar is slegs beperkte plek op die kamp, bespreek so spoedig as moontlik.
Vir die kamp sal 'n lys van benodighede wat saamgebring moet word met bespreking aangestuur word. Die fisiese aard van die kamp verg dat mens 'n taamlike mate van fiksheid moet hê.
Kontak Niklaas by nik@moolmanshoek.co.za