Welkom by Moolmanshoek

As Nel familie is dit ons voorreg om rentmeesters te wees van die asemrowende Moolmanshoek vallei. Dié perdehoef vallei van 3 300 ha word omring deur die Witteberge met Visierskerf as die hoogstepunt, naamlik 2 410m bo seespieël. Verskeie bergstroompies vind hul pad deur die sandsteenklowe na die vrugbare vallei waar daar ‘n ryke verskeidenheid van ten minste veertien spesies wild voorkom, soos onder andere Springbokke, Swartwildebeeste, Blesbokke, Zebras en selfs Elande en Rooihartebeeste

Om in die vallei, kierie in die hand, deur die groot troppe wild te stap is ‘n besonderse ervaring. Vir die meer avontuurlustiges kan die wild- en natuurlewe te perd, perdekar of wildbesigtigingsvoertuig verken word. Dit is ‘n eiesoortige belewenis.

‘n Groot trekpleister is ons SA Boer- en Arabierperde wat ook geteel word in die vallei. Meer as 300 van hulle maak Moolmanshoek hulle tuiste.

In 1994 is die reservaat verklaar as ‘n Nasionale Natuur Erfenis terrein #199, hoofsaaklik as gevolg van ‘ne baie skaars Afrika bamboes wat nog hier voorkom, asook die ongeskonde natuur-, wild- en voëllewe.

Mag die seën en vreugde wat ons as familie op Moolmanshoek ervaar, ook vir jou hier waar word.

Tydskrif  artikels

WEGRY
Desember 2009 - Januarie 2010 bladsy 84 – “Die leier van die trop”
en
Four Peaks (Runner’s World)
Januarie 2010 bladsy 84 – “Into thin Air”